PROPERTIES / EIENDOMME
Kontak besonderhede :
014 717 1142 (Hoofkantoor)
082 495 5688
082 780 9697
014 717 2170 (Faks)
info@wiltinnet.co.za
4970ha
OMGEWING:
Geleë in Outjo Namibië.
BESKRYWING:
Gaste plaas, Tentekamp en Wildsplaas
OMHEINING:
Van die ±418 Ha waarop die gasteplaas is, is ongeveer die helfte wildwerend (2,4m) toegespan en het ook ñ sifdraad van 1,2m om die wilddraad dig te maak vir roofdiere. Die Lodge self het ‘n hoë veiligheidsdraad om sowel as ‘n motorhek wat met ‘n interkom werk.
Die plaas is die oorblywende 4 550 Ha. ±800 ha is in twee wildgedeeltes verdeel. Daar is ±40 km (2,44m) wilddraad gespan. ±800 ha is in 3 kampe verdeel vir beesboerdery.
WATER EN VOORSIENING:
Boorgat van 42m. Dompelpomp.
Loopafstand vanaf Lodge is watergat wat saans belig word met grasdak uitkykpunt vir ±25 gaste.
ELEKTRISITEIT VOORSIENING:
Nampower 3 Fase krag. 110kva breker en 80 kva bystand masjien.
WILD SPESIES - GERAAMDE GETALLE:
Springbokke ±25, Blesbokke ±7, Koedoes ±10, Gemsbokke ±10, Rooihartebeeste ±6
AKKOMMODASIE:
HOOF GEBOU:
Lodge het 30 kamers.
Die hoofgebou sluit in ñ huis met 2 slaapkamers, 2 badkamers, kombuis en sitkamer
2 Huise met 4 en 2 Slaapkamers onderskeidelik.
ANDER:
Stoor van 20 x 40m en kleiner store met `n slagpale en slaghuis.
Tentekamp – kan 12 gaste akkommodeer
PLANTEGROEI:
Tipiese Namibiëse plantegroei.
TOPOGRAFIE:
Plat
ADDISIONELE EIENDOM: (Nie te koop sonder bo-staande eiendom nie):
Tentekamp kan 12 gaste akkommodeer.
PRYS: N$16,125 Miljoen.
Uitgesluit:
4 Ha van 418 ha het ñ veilingskraal op - wil ‘n serwituut uithou
Die vruggebruik op die veilingskrale word dus uitgehou.
VERKOOPSPRYS: N$16 125 000
BTW / OORDRAG KOSTE UITGESLUIT
Prys is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.
Volgens die eienaar is daar geen grondeise geregistreer teen die eiendom nie.