PROPERTIES / EIENDOMME
Kontak besonderhede :
014 717 1142 (Hoofkantoor)
082 495 5688
082 780 9697
014 717 2170 (Faks)
info@wiltinnet.co.za
1640ha
OMGEWING:
Geleë in die Loskopdam, Groblersdal omgewing.
BESKRYWING:
Natuur reservaat.
±86 Km grondpaaie - goeie toestand.
OMHEINING:
Ten volle wildwerend omhein.
WATERVOORSIENING:
Boorgate 8, Gronddamme 4 en sementdamme 2.
WILDSPESIES: GERAAMDE GETALLE:
Blouwildebeeste ±184; Koedoes ±170; Kameelperde ±10; Rooihartebees ±32; Sebra ±68; Eland ±72; Waterbokke ±46; Rooibokke ±122; Blesbok ±35; Renoster ±4; Bosbok ±2; Klipspringer, Bergribbok, Steenbokkies en Duikertjies kom voor. ±105 Voëlspesies
AKKOMMODASIE:
HOOFGEBOU/E:
Bestaan uit:
Hoof konferensie lokaal met akkommodasie – toegerus en geskik vir ±60 gaste of kleiner saal vir ±40 gaste.
Gerieflike akkommodasie vir konferensiegangers, bestaan uit 9 chalets met 2 kamers elk, elke kamer keurig gemeubileer met 4 enkel beddens en badkamer.
Chalets is stap afstand vanaf konferensie lokaal, kroeg en restaurant.
Die gastehuis bied luukse akkommodasie aan met 5 hoof en-suite dubbel slaapkamers en 2 dubbel kamers wat badkamer, sitkamer, oopplan kombuis en eetkamer deel.
Die hoof Lodge beskik ook oor swembad en skuba duik opleidings swembad, groot lapa met braai geriewe en uitsig oor die reservaat.
Boskamp 1 – Rooiribbok kamp.
Boskamp 2 – Blouwildebees Basis Kamp.
Hoof hek met Slaghuis fasiliteite.
3 Selfhelp/onthaal fasiliteite.
Geriewe word gebruik vir: konferensies, troues, selfhelp onthale, 4 x 4 groepe, fietsry groepe, stap groepe, kruisboog jag groepe en skuba duik opleidingsgroepe.
ANDER GEBOUE:
Boskampe geleë weg van hoof lodge. Die Akkommodasie is standaard, eie aan stappers ens. Beide die boskampe het asbes hutte en sentraal ablusie geriewe, lapa en kombuis. Boskampe word bespreek vir jeugkampe en skoolgroepe.
Abattoir: Toegerus met vleisverwerkings fasiliteite en biltong droërs, instap koelkamers en vakuum verpakkers. ±10 Karkasse kan daagliks verwerk word.
Skietbaan vir jagters om gewere in te stel, kleiduif skiet geriewe.
Kort en langafstand staproetes.
±7 Voertuie geskik vir wild besigtiging.
PLANTEGROEI:
Gemengde veld
TOPOGRAFIE:
Golwend en bergagtig.
VERKOOPSPRYS: R25 MILJOEN
BTW / OORDRAG KOSTE UITGESLUIT
Prys is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.
Volgens die eienaar is daar geen grondeise geregistreer teen die eiendom nie.